Gerrit Rietveld
Nederlandse ontwerper en argitek / From Wikipedia, the free encyclopedia
Gerrit Rietveld (24 Junie 1888 – 25 Junie 1964) was 'n Nederlandse ontwerper en argitek wat as een van die belangrikste baanbrekers van moderne 20ste eeuse ontwerpkuns beskou word. As medestigter van die kunsbeweging De Stijl het hy met sy progressiewe benadering tot boukuns en meubelontwerp beslissende invloed in Nederland uitgeoefen en lewer met sy werk tot op hede inspirasies vir moderne Nederlandse ontwerpkuns. Argitektuur was sy tweede besigheidsveld waarin hy as een van die voorste Nederlandse verteenwoordigers van modernisme en die Internasionale Styl bekendheid verwerf het.