’n Geeldwerg of hoofreeksster tipe G (G V) is ’n hoofreeksster van spektraaltipe G en ligsterkteklas V. So ’n ster het ’n massa van sowat 0,8 tot 1,2 sonmassas en oppervlaktemperature van tussen 5 300 en 6 000 Kelvin.[1]

Thumb
Die Son, ’n tipiese voorbeeld van ’n geeldwerg, of hoofreeksster tipe G. (Gekleurde swart-wit-foto.)

Nes ander hoofreekssterre sit ’n G V-ster waterstof in sy kern om in helium deur middel van kernfusie.[2] Ons Son is die bekendste en mees sigbare voorbeeld van ’n G V-ster. Elke sekonde word sowat 600 miljoen ton waterstof omgesit in helium.[3][4]

Sterrekundiges verkies die term "hoofreeksster tipe G" omdat G-sterre eintlik tussen wit en liggeel is.[5] Die Son is eintlik wit, maar vertoon geel deur die Aarde se atmosfeer. En hoewel die term "dwergster" gebruik word om hoofreekssterre van reusesterre te onderskei, is sterre soos die Son helderder as 90% van die sterre in die Melkweg, wat uit meestal oranje-, rooi- en witdwerge bestaan. (Laasgenoemde is in ’n fase ná die hoofreeks.)

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.