Gebruiker:Wawiel/Sandput
From Wikipedia, the free encyclopedia
ʼn Boek is ʼn versameling geskrewe, gedrukte, geïllustreerde of skoon velle bestaande uit ink, papier, perkament of ander materiaal wat aan een kant geheg is om te kan blaai. ʼn Enkele vel binne ʼn boek is ʼn blad en elke kant van die blad is ʼn bladsy. ʼn Versameling van teksgevulde of geïllustreerde bladsye wat in elektroniese formaat geproduseer is staan bekend as ʼn elektroniese boek of e-boek. Nog ʼn moderne ontwikkeling is die luisterboek.
Boeke kan ook verwys na letterkundige werke of die hoofafdeling van so ʼn werk. Binne biblioteek- en inligtingskunde word ʼn boek ʼn monografie genoem om dit te onderskei van gereelde blaaie soos tydskrifte, vaktydskrifte of koerante. Alle geskrewe werke, boeke ingesluit, word omskryf as letterkunde. In die geval van romans en sekere ander boeke (soos byvoorbeeld biografieë en antieke tekste soos die Bybel) kan ʼn boek in verskeie groot dele opgedeel word wat ook as boeke (Boek 1, Boek 2, Boek 3 en so voorts) bekend staan. ʼn Geesdriftige boekleser staan bekend as ʼn bibliofiel of meer algemeen ʼn boekwurm.
ʼn Winkel waar boeke gekoop en verkoop word staan as ʼn boekwinkel of boekhandelaar bekend. Boeke kan ook by ʼn biblioteek uitgeneem word. In sommige meer gegoede lande is e-boeke besig om gedrukte boeke te verdring,[1] hoewel e-boekverkope weer in sommige lande aan die daal was in eerste helfte van 2015.[2]