WAARSKUWING: Hierdie gebruiker kan soms sinies voorkom. Hy is bloot 'n uitgekuierde (blasé) neofiel wat déjà vu beleef en daaroor suur is. Moet hom nie ernstig opneem nie. Dit sal oorwaai.
Hierdie gebruiker weet nie watter vreemde taal die beste is om te leer nie. Almal lyk ewe belangrik.
Hierdie gebruiker vind dit moeiliker om sy eie moedertaal korrek te herleer as om 'n vreemdetaal uit die hoof te leer.
Hierdie gebruiker vind televisie werklik oorbodig in die 21ste eeu. 500+ kanale, maar niks om te kyk nie.
Hierdie gebruiker dink Suid-Afrikaners leef té afgesonderd van ander wêreldkulture en is monokultureel.
Hierdie gebruiker dink almal kan baat vind by Duits.
Hierdie gebruiker wil meer Nederlandse boeke in sy dorpsbiblioteek hê.
Hierdie gebruiker wonder waarom dit moeiliker is en duurder kos om inheemse plante en diere te bekom en te kweek, as uitheemse fauna en flora wat die inheemse ekosisteem kan bedreig.
Hierdie gebruiker het die vieslike gewoonte om oopWi-Fi kuberkolle te wil opspoor.
Hierdie gebruiker verafsku sport en glo sportbeserings tap onnodig die mediese fondse.
Hierdie gebruiker beskou die sielkunde as 'n sekulêre kultus en nie 'n wetenskap nie.
Maar as jy die sielkunde nou wil glo, dan gaan jy my met jou suiwer logika, dekonstruksie, rasionaliteit, pragmatiek, voorsorg, besuiniging, doeltreffendheidsin, ruime blik, veelvuldige gevolg-kousaliteitsbesef en meriete moet beïndruk. Ek is INTJ met die grootheidswaansin. Aangename kennis.
Hierdie gebruiker weet betogings is 'n voorbeeld van die drogredenasie Argumentum ad populum: Meer getalle maak nie iets meer waar of vals as wat dit reeds is nie. 'n Goeie en geldige rede het net één mens en één stem nodig. Die res is intimidasie, magsvertoon en boonop onwetenskaplik.
Hierdie gebruiker se twaalfde gebod is: Jy sal nie staak nie.
Hierdie gebruiker weier om met mense te onderhandel wat nie oor 'n saak wil praat of beskaafd en logies uitklaar en redeneer nie.
Hierdie gebruiker vind linkse politieke partye ironies wat klasseverskille wil vernietig, maar self uit 'n streng hiërargie bestaan.
Hierdie gebruiker glo die waarheid is iewers daarbuite.
Hierdie gebruiker wonder waarom Afrikaans geen cyberpunkboeke het nie.
Hierdie gebruiker is gekant teen die kommunistiese Solarpunk
Hierdie gebruiker funksioneer optimaal met nuwemaan.
Hierdie gebruiker drink om 11:00 en 21:00 sy beker Rooibos.
Hierdie gebruiker geniet winter en somer sodawater. Veral voor, tydens en na slaaptyd.
Hierdie gebruiker is 'n nieroker, maar dink die rookwet is muggiesiftery vergeleke met ongekontroleerde fabrieke, steenkoolkragstasies, brandstigting, vuil brandstofverbruik, bandbrandende betogings, vyf stokende skoorstene per huis in kliniese, HD-ultramoderne geëlektrifiseerde woonbuurte...
Hierdie gebruiker se kamer is rokervriendelik, maar verbied pruimtabak.
Hierdie gebruiker verseg om kraanwater te drink - eerder gesuiwerde/gekookte reënwater of tenkwater.