Gebruiker:Pynappel/List of trigonometric identities
From Wikipedia, the free encyclopedia
In wiskunde is trigonometriese identiteite vergelykings wat trigonometriese funksies bevat en wat waar is vir alle waardes van die veranderlikes waar beide kante van die vergelyking gedefinieer is. Meetkundig gesien, bevat hierdie identiteite spesifieke funksies vir een of meer hoeke, en word hulle van driehoekidentiteite onderskei, wat identiteite is wat hoeke mag bevat, maar ook die sylengtes of ander lengtes van driehoeke behels.
Hierdie identiteite is nuttig wanneer uitdrukkings wat trigonometriese funksies bevat, vereenvoudig moet word. 'n Belangrike toepassing van trigonometriese identiteite is die integrasie van nie-trigonometriese funksies: 'n algemene tegniek behels die gebruik van die substitusiereël om 'n trigonometriese funksie in die integrand te substitueer, waarna die die resulterende integrand met behulp van 'n trigonometriese identiteit vereenvoudig word.