Gebruiker:MikeRumex\Sandput
From Wikipedia, the free encyclopedia
Meetkunde is 'n onderafdeling van wiskunde wat betrekking het tot die studie van grootte, vorm en die eienskappe van ruimte. Meetkunde is een van die oudste wetenskappe. Aanvanklik slegs 'n stel praktiese reëls vir berekeninge wat omgaan met lengtes, areas, en volumes, was die vak in die 3de eeu voor Christus op 'n aksiomatiese grondslag geplaas deur die antieke Griekse wiskundige Euklidus, wie se werk die standaard gestel het vir wiskundige ontwikkeling in die komende eeue. Die wetenskap van sterrekunde, veral die kartering van sterre en planete se posisies op die hemel-sfeer, het gedien as 'n belangrike bron van meetkundige probleme vir die volgende een en 'n half duisend jaar van ontwikkeling. 'n Wiskundige wat werk in die veld van meetkunde word 'n meetkundige genoem.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/Inscribed_angle_theorem.svg/320px-Inscribed_angle_theorem.svg.png)
Die bekendstelling van koordinate deur Descartes en die parallelle onwikkelling van algebra het 'n nuwe weg geput vir die vak, deurdat meetkundige figure, soos krommes op 'n vlak, nou analities voorgestel kon word, m.a.w. bet behulp van vergelykings en formules. Hierdie deurbraak het 'n direkte invloed gehad op die ontwikkelling van calculus in die 17de eeu. Meetkunde was verder verryk deur Euler en Gauss se studie van die intrinsieke struktuur van meetkundige objekte en het gelei tot die ontwikkelling van topologie en differentieële meetkunde.
In die 19de eeu word nie-Euclidiese meetkunde ontdek. Die konsep van ruimte ondergaan vervolgens 'n reuse omwenteling in die oë van wiskundiges en fisici en verdere ontwikkelling op dié gebied lê later die wiskundige grondslag vir Einstein se algemene relatiwiteits teorie. Kontemporere meetkunde wentel meestal om die studie van variëteite (Engels: manifolds). Hierdie ruimtes mag soms ekstra struktuur aan hulle verbonde hê, wat wiskudiges in staat stel om konsepte soos lengte te veralgemeen. Moderne meetkunde het sterk bande met moderne fisika, wat blyk uit die verbintenis tussen algemene relatiwiteit en Riemann-meetkunde. Kontemporere navorsing in fisika, soos snaarteorie, se grondslae lê ook in meetkunde.
Die visuele natuur van meetkunde maak dit aanvanklik meer toeganklik as ander afdelings van wiskunde, soos algebra en getal teorie. Altans, word meetkundige konsepte gebruik in kontekste wat ver verweiderd is van die oorspronklike Euklidiese bedoelings daarvoor, by voorbeeld fraktaalmeetkunde en algebraïese meetkunde.