Gebruiker:Hardus.Maree/Saailing
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Saailing is 'n sporofiet wat uit 'n plant embrio uit 'n saad ontwikkel. Saadontwikkeling begin met die ontkieming van die saad. 'n Tipiese jong saailing bestaan uit drie hoofdele: die kiemwortel (embrioniese wortel), die hipokotiel (embrioniese loot) en die saadlobbe (kotiele). Die twee soorte blomplante (angiosperms) word onderskei aan die aantal saadblare: monokotiele (eensaadlobbige) het een lemvormige saadlob, terwyl tweesaadlobbiges twee ronde saadlobbe het. Gimnosperme is meer uiteenlopend, waar die denne saailinge tot agt saadlobbe het. Die saailinge van sommige blomplante het glad nie saadlobbe nie.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/79/Seedlings.gif/250px-Seedlings.gif)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/01/Monocot_vs_dicot_crop_Pengo.jpg/220px-Monocot_vs_dicot_crop_Pengo.jpg)
Die plumule is die deel van 'n saad embrio wat ontwikkel in die lote wat die eerste ware blare van 'n plant dra. In die meeste sade, byvoorbeeld die sonneblom, is die plumule 'n klein keëlvormige struktuur sonder enige blaarstruktuur. Die groei van die plumule vind nie plaas voordat die saadlobbe bo die grond gegroei het nie. Dit is bogrondse ontkieming. By sade soos die boerboontjie is 'n blaarstruktuur egter sigbaar op die pluim van die saad. Hierdie sade ontwikkel deur die plumule wat deur die grond groei, terwyl die saadlobbe onder die oppervlak bly. Dit staan bekend as hipogeale ontkieming.