'n Voorstelling van die wisseling in grondgebied wat deur die Geallieerde en Spilmoondhede beheer is oor die verloop van die oorlog. Geallieerd-beheerde gebiede word in groen en violet vertoon en die Spilgebiede in oranje.
Die "Groot 3": Josef Stalin, Franklin D. Roosevelt en Winston Churchill wat by die Teheran Konferensie ontmoet om die Europese Teater van die Tweede Wêreldoorlog in 1943 te bespreek.
Die Geallieerdes van die Asiese en Stille Oseaan Teaters: Generalissimo Tsjiang Kai-sjek, Franklin D. Roosevelt, en Winston Churchill wat by die Kairo Konferensie ontmoet in 1943.
Konferensies van die eerste ministers van die Britse dominions William Lyon Mackenzie King (Kanada), Jan Christian Smuts (Suid-Afrika), Winston Churchill (Verenigde Koninkryk), Peter Fraser (Nieu-Seeland) en John Curtin (Australië) op 1 Mei 1944 in Londen.
Winston Churchill, Franklin D. Roosevelt, en Josef Stalin tydens die Jalta Konferensie in Februarie 1945.
Clement Attlee, Harry S. Truman en Josef Stalin tydens die Potsdam Konferensie in Julie 1945.
Oorlogsplakkaat vir die Verenigde Nasies, geskep in 1942 deur die Amerikaanse Kantoor van Oorlogsinformasie, wat die 26 lede van die Geallieerdes toon.
Oorlogsplakkaat vir die Verenigde Nasies, geskep in 1943 deur die Amerikaanse Kantoor van Oorlogsinformasie.
'n Britse plakkaat van 1941, wat die lede van die groter alliansie teen Nazi-Duitsland vertoon.
Gedurende Desember 1941 het Roosevelt die naam "Verenigde Nasies" (VN) vir die Geallieerdes bedink, en die Declaration by United Nations, op 1 Januarie1942, was die grondslag van die moderne VN.[1] By die Potsdamkonferensie van Julie-Augustus 1945, het Roosevelt se opvolger, Harry S. Truman, voorgestel dat die minsiters van buitelandse sake van China, Frankryk, die Sowjetunie, die Verenigde Koninkryk en die VSA "die vredesverdare en grensskikkings van Europa moes optrek," wat gelei het tot die skepping van die Raad van Minsters van Buitelandse Sake.[2]