Geïntegreerde stroombaan
From Wikipedia, the free encyclopedia
In elektronika is 'n geïntegreerde stroombaan 'n miniatuur elektroniese stroombaan wat hoofsaaklik bestaan uit halfgeleiertoestelle benewens passiewe komponente wat in die oppervlak van 'n dun halfgeleiersubstraat, tipies van kristallyne silikon gemaak, ingebou word. In praktyk is dit hierdie komponent wat elektroniese items slim maak en hulle in staat stel om 'n verskeidenheid funksies uit te voer. Geheueskyfies, wat data stoor, is relatief eenvoudig van aard en is tans goedkoop kommoditeite. Logika-skyfies, wat programme laat loop en as die brein van 'n toestel optree, is egter meer kompleks en duurder om te vervaardig. Hierdie komponente dra dikwels handelsmerke soos Apple, Qualcomm of Nvidia, maar daardie maatskappye is eintlik net die ontwerpers daarvan, terwyl die vervaardiging aan gespesialiseerde fabrieke, die sogenaamde gieterye uitgekontrakteer word.[1]