Gaspé
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gaspé is 'n dorp op die skiereiland Gaspésie, Quebec, Oos-Kanada, met 15 163 inwoners (2011), waar Jacques Cartier op 24 Julie 1534 voet aan wal gesit het. 'n Monument en 'n granietkruis is as gedenktekens hier opgerig. Die Cathédrale de Gaspé is die enigste katedraal in Kanada wat van hout gemaak is en spog met 'n bont glasvenster en fresko ter herdenking van die vierhonderdste verjaardag van Jacques Cartier se landing. Die Musée de la Gaspésie behandel die geskiedenis van die gebied en sy mense wie se voorvaders Indiaans, Baskies, Bretons, Acadies, Iers, Skots en Lojaliste was.
Gaspé | |
---|---|
Stad | |
'n Uitsig oor Gaspé | |
Koördinate: 48°49′48″N 64°28′54″W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Quebec |
Region | Gaspésie–Îles-de-la-Madeleine |
Regionale County | La Côte-de-Gaspé |
Stigting | 24 Julie 1534 |
Stadstatus | 1 Januarie 1971 |
Regering | |
• Burgemeester | Christine Brisson |
Oppervlak | |
• Totaal | 1 343,4 km2 (518,69 vk. myl) |
• Land | 1 121,07 km2 (432,85 vk. myl) |
Hoogte | 34,1 m (111,88 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 15 163 |
• Digtheid | 13,5/km2 (35/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
Poskode | G4X |
Skakelkodes | 418, 581 |
Webwerf | ville.gaspe.qc.ca |
Die belangrikste nywerhede in Gaspé is vissery, visverwerking, bosbou en toerisme.
In die taal van die Mic-Mac-Indiane beteken gaspeg "die einde van die wêreld".
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.