From Wikipedia, the free encyclopedia
Atlantiese kabeljou (Gadus morhua) is gewoonlik grys-groen, maar kan ook rooi-bruin wees afhangende van die vis se habitat. Die vis se gemiddelde massa is 4,5—11,3 kg, maar voorbeelde van tot 90 kg is al waargeneem. Kabeljou vreet weekdiere, krappe, garnale en ander skaaldiere, stervisse, wurms, pylinkvis, en kleiner visse. Sommige migreer in die winter suid om te broei. 'n Groot wyfievis lê tussen twee en elf miljoen eiers in die middel van die see — waarvan slegs 'n klein hoeveelheid oorleef.
Atlantiese kabeljou | |
---|---|
Atlantiese kabeljou, Gadus morhua | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Gadinae |
Genus: | |
Spesie: | G. morhua |
Binomiale naam | |
Gadus morhua Linnaeus, 1758 | |
Verspreiding van die Atlantiese kabeljou |
Tot in 1992 is hierdie vis naby die Grand Banks, oos van Kanada, in groot getalle gevang, maar toe het die populasie ingestort. Dit het gelei tot 'n verbod op visvang in hierdie gebied wat egter selfs na 15 jaar nog nie herstel het na die oorspronklike getalle nie.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.