Friedrich Hölderlin
From Wikipedia, the free encyclopedia
Johann Christian Friedrich Hölderlin (20 Maart 1770 – 7 Junie 1843) was 'n Duitse digter en filosoof. Hy is deur Norbert von Hellingrath beskryf as "die mees Duits van alle Duitsers". Hy was 'n sleutelfiguur in die Duitse Romantiek.[1]
Veral as gevolg van sy vroeëre verbintenis met, en filosofiese invloed op, Hegel en Schelling, was hy ook 'n belangrike denker in die ontwikkeling van Duitse idealisme.[2][3][4][5]
Hölderlin is gebore in Lauffen am Neckar. Sy jeug was gekenmerk deur ontbering. Sy moeder wou gehad het dat hy die Lutherse bediening moes betree. Hy het die Tübinger Stift bygewoon waar hy vriende met Hegel en Schelling was. Hy het in 1793 gegradueer, maar kon hom nie aan die Christelike geloof wy nie. Hy het pleks daarvan 'n tutor geword. Twee jaar later het hy vlugtig die Universiteit van Jena bygewoon waar hy gemeng het met Fichte en Novalis, voordat hy voortgegaan het met sy loopbaan as tutor. Hy het gesukkel om homself as digter te vestig, en was geteister deur geestesongesteldheid. Hy is in 1806 na 'n kliniek gestuur waar sy toestand as ongeneeslik gediagnoseer is. Hy is blyplek deur 'n timmerman, Ernst Zimmer, gegee. Hy het die finale ses-en-dertig jaar van sy lewe in Zimmer se woning gebly, en in 1843 op die ouderdom van drie-en-sewentig jaar beswyk. Hölderlin het gevolg in die voetspore en tradisie van Goethe en Schiller, as synde 'n bewonderaar van die Griekse mitologie en antieke Griekse digters soos Pindar en Sophokles, en het Christelike en Hellenistiese temas in sy werke versmelt. Martin Heidegger, op wie Hölderlin 'n reuse invloed uitgeoefen het, het gesê: "Hölderlin is een van ons grootste, dit wil sê, mees indringende denkers, want hy is ons grootste digter."[6]