From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ford Motormaatskappy (gewoonlik na verwys as Ford en somtyds genoem FoMoCo) is 'n multinasionale korporasie wat motorvoertuie vervaardig. Die maatskappy is gestig deur Henry Ford in Dearborn, Michigan, Verenigde State van Amerika (waar die maatskappy se hoofkwartier is). Gedurende die hoogtepunt van die maatskappy se produksie in die 20ste eeu het Ford tesame met General Motors en Chrysler bekend gestaan as Detroit se "Groot Drie" motorvervaardigers, en het hulle Amerika se motormark gedomineer. Teen 2004 het Toyota Ford verbygesteek wat omset betref. Ford is steeds een van die wêreld se tien grootste korporasies volgens omset.
Ford Motormaatskappy | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 16 Junie 1903 |
Hoofkantoor | Dearborn, Michigan, Verenigde State |
Sleutelpersone | William C. Ford, Jr. (hoof uitvoerende beampte) Alan R. Mulally (voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motorvoertuie luukse voertuie kommersiële voertuie motoronderdele |
Dienste | Motorfinansiering voertuigverhuring voertuigdiens |
Inkomste | VS$ 146 91 miljard[1] (2013) |
Bedryfsinkomste | $5,42 miljard[1] (2013) |
Netto inkomste | $7,15 miljard[1] (2013) |
Werknemers | 181 000[1] (2013) |
Moedermaatskappy | Ford-familie (2%) |
Divisies | Ford Lincoln Motorcraft |
Webwerf | ford.com |
Ford het metodes vir grootskaalse vervaardiging van motors en grootskaalse bestuur van werkers bekendgestel byvoorbeeld die vervaardiging deur middel van vervoerbande. Henry Ford se kombinasie van baie effektiewe fabrieke, hoogsbetaalde werkers en lae pryse het vervaardiging gerewolusioneer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.