Die Fiat G.50 (Freccia) was 'n Italiaanse vegvliegtuig wat deur Regia Aeronautica gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was hulle eerste monovlerk, enkelsitplek, metaalromp vegvliegtuig met 'n terugtrekbare onderstel. Die eerste modelle was in die Spaanse Burgeroorlog getoets. Die vlieëniers het nie gehou van die greenhouse kajuit nie en die volgende 200 modelle was gebou met oop kajuite. Daar was ongeveer 120 van die vliegtuie in diens van die Italiaanse lugmag toe die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het. Sommige van die vliegtuie is gebruik vir aanvalle op Frankryk en ander vir aanvalle op Groot-Brittanje in 1940. Later is van hulle gebruik in die Griekse en Noord-Afrika veldtogte.
Fiat CR.50 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Fiat |
Ontwerp deur | Giuseppe Gabrielli |
Nooiensvlug | 26 Februarie 1937 |
Bekendstelling | 1938 |
Onttrek | 1946 |
Status | Uit diens onttrek. |
Hoofgebruikers | Italiaanse Lugmag Spaanse Lugmag |
Vervaardig | 1935–1943 |
Aantal gebou | 683 |
Weergawes | Fiat G.55 |
In 1939 het Finland 35 van die vliegtuie gekoop en dit gebruik in die Winteroorlog.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Fiat A.74 RC38 14-silinder stermotor |
Kraglewering per motor | 870 perdekrag |
Vlerkspan | 10,96 m |
Lengte | 7,79 m |
Hoogte | 2,96 m |
Vlerkoppervlakte | 18,15 m2 |
Maks. opstygmassa | 2 415 kg |
Maks. snelheid | 472 km/h |
Operasionele hoogte | 9 835 m |
Togafstand | 670 km |
Klimvermoë | 6 000 m in 7 minute en 30 sekondes |
Bewapening | Twee 12,7 mm masjiengewere |
- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.