FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 24ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: FIFA World Cup) sal in Junie en Julie 2030 in Argentinië, Marokko, Paraguay, Portugal, Spanje en Uruguay aangebied word. FIFA het op 4 Oktober die gasheerlande aangekondig. Nes die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 sal dit deur 48 nasionale sokkerspanne uitgespook word, insluitend dié van die gasheerlande.[1] Dit sal presies 100 jaar ná die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 in Montevideo, Uruguay, gehou word. Vir die eerste keer sal ses lande op drie vastelande as medegashere optree, met Marokko, Spanje en Portugal as die hoofgashere, terwyl die toernooi in Argentinië, Paraguay en Uruguay sal afskop.[2]
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
2030 FIFA World Cup | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerlande | Argentinië Marokko Paraguay Portugal |
Datums | Junie – Julie |
Spanne | 48 (van 6 konfederasies) |
← 2026 2034 → |
Kandidate vir gasheer was 'n gemeenskaplike bod deur Uruguay, Argentinië, Paraguay en Chili.[3] Ander moontlike kandidate sluit in Colombia, Engeland, asook 'n gemeenskaplike bod deur Australië en Nieu-Seeland. Volgens FIFA se beleid mag net al om die drie toernooie in dieselfde kontinentale organisasie gehou word, dus is lande van AFC en CONCACAF onverkiesbaar vir 2030, omdat die toernooi van 2022 aan Katar en die toernooi van 2026 aan Kanada, Meksiko en die Verenigde State toegewys is.