FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die sewende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: Campeonato Mundial de Fútbol – Copa Jules Rimet Chile 1962; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 30 Mei tot 17 Junie 1962 in Chili aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Chili aangebied is en die derde in Suid-Amerika. Net twee jaar vroeër is die gasheer Chili deur die sterkste aardbewing ooit getref en daar is oorweg om dié toernooi na ’n ander land te skuif.
Campeonato Mundial de Fútbol – Copa Jules Rimet Chile 1962 | |
---|---|
Vlae van deelnemende lande | |
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Chili |
Datums | 30 Mei – 17 Junie |
Spanne | 16 (van 3 konfederasies) |
Stadions | 4 (in 4 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (2 titels) |
Tweede plek | Tsjeggo-Slowakye |
Derde plek | Chili |
Vierde plek | Joego-Slawië |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 32 |
Doele | 89 (2.78 per wedstryd) |
Bywoning | 893 172 (27 912 per wedstryd) |
Meeste punte | Garrincha Vavá Leonel Sánchez Dražan Jerković Flórián Albert Walentin Iwanof (4 doele elk)[1] |
Beste speler | Garrincha |
← 1958 1966 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Die verdedigende kampioen Brasilië het die trofee gewen nadat hulle Tsjeggo-Slowakye met 3–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Brasilië het daarmee ná Italië in 1938 as tweede span daarin geslaag om sy titel suksesvol te verdedig. Die gasheer Chili het in die derde en Joego-Slawië in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Bulgarye en Colombia het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.