From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eulipotyphla is 'n soogdierorde wat tot die superorde Laurasiatheria behoort.
Eulipotyphla | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | Eulipotyphla |
Families | |
Talpidae |
Hulle is insektevreters en vroeër is hulle as deel van die orde Insectivora beskou, saam met byvoorbeeld die gouemolle en selfs die klaasneuse. Genetiese navorsing het getoon dat dit nie korrek is nie: die gouemolle en die klaasneuse behoort tot die Afrotheria en nie tot die Laurasiatheria nie en dit het die orde Insectivora polifileties gemaak. Die huidige monofiletiese orde Eulipotyphla bevat net vyf families waarvan nogtans een sedert die tyd van die kolonisasie van die Karibiese gebied uitgestorwe is. In die Suider-Afrika kom twee van hierdie families voor: die krimpvarkies en die skeerbekmuise.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.