Ethan Allen-klas duikboot
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ethan Allen-klas duikboot is die tweede klas kernaangedrewe duikbote van die Amerikaanse Vloot wat ballistiese missiele kon dra. Hierdie klas is ontwikkel vanaf die eerste ballistiese duikboot, die USS George Washington (SSBN-598) en is vernoem na Ethan Allen, 'n Amerikaanse patriot en boer. Die eerste duikboot van die klas, USS Ethan Allen, is die eerste duikboot wat 'n Polaris A1-missiel met lewendige kernplofkoppe afgevuur het op 6 Mei 1962. Die missiel is gelanseer terwyl die duikboot onderwater was in die Stille Oseaan en die plofkop is iewers oor die suidelike Stille Oseaan geaktiveer.
Subklas van | ballistiese missiel duikboot |
---|---|
Kort naam | Ethan Allen |
Vernoem na | USS Ethan Allen |
Land van oorsprong | Verenigde State |
Operateur | Amerikaanse Vloot |
Vervaardiger | General Dynamics Electric Boat |
Later is die klas toegerus met A2-missiele en nog later die A3-tipe in die 1970's. Al vyf die duikbote in die klas is later herklassifiseer as jagduikbote as deel van die Strategic Arms Limitation Treaty I (SALT) ooreenkoms. Die missielseksies in die duikbote is uit diens gestel in 1981; die missielbeheerstelsel en die missiele verwyder en die missielbuise is volgestop met betongietstukke.
Die Lafayette-klas duikboot is ontwikkel uit die Ethan Allen-klas.