From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eskimonewel (ook bekend as NGC 2392 en die Hansworsnewel)[3] is ’n simmetriese planetêre newel wat in 1787 deur die sterrekundige William Herschel ontdek is. Dit lyk soos ’n mensekop omring deur ’n parkamus. Die newel word omring deur gas wat die buitenste lae van ’n sonagtige ster uitgemaak het. Die sigbare binneste filamente word deur ’n sterk sterwind weggedryf. Die buitenste skyf bevat ongewone filamente van ’n ligjaar lank.
Eskimonewel | ||||
NGC 2392, die Eskimonewel, deur die Hubble-ruimteteleskoop. | ||||
Sterrebeeld | Tweeling | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 07h 29m 10.7669s[1] | |||
Deklinasie | +20° 54′ 42.488″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 10,1[1] | |||
Absolute magnitude (M) | ≤0,4 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 2 870[2] | |||
Skynbare grootte | radius ≥0,34 ligjare | |||
Ander name | ||||
NGC 2392,[1] Caldwell 39, Hansworsnewel[1] | ||||
|
NGC 2392 is meer as 2 870 ligjare van die Aarde af en is in die sterrebeeld Tweeling deur ’n klein teleskoop sigbaar.
Die newel is op 17 Januarie 1787 in Engeland deur William Herschel ontdek. Hy het dit beskryf as ’n "ster met magnitude 9 en ’n redelik helder binnekant, en ’n newelagtigheid wat eweredig daaromheen versprei is. ’n Werklik uitsonderlike verskynsel."[4]
Op 11 Augustus 2020 het verskeie organisasies opgehou om die naam "Eskimonewel" te gebruik omdat dit kan aanstoot gee. Hulle het aanbeveel dat na die newel verwys word as NGC 2392.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.