From Wikipedia, the free encyclopedia
Eksters is voëls van die kraaifamilie, Corvidae. Dit sluit die swart-en-wit Europese ekster in wat algemeen beskou word as een van die slimste diere in die wêreld[1][2][3] en een van die enigstes buiten soogdiere wat hulself in ’n spieël kan herken.[4] Benewens lede van die genus Pica, word kraaiagtiges in die genus Cissa ook as eksters beskou.
Ekster | |
---|---|
’n Europese ekster. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genusse | |
|
Die genus Pica word gewoonlik in gematigde temperatuurstreke van Europa, Asië en westelike Noord-Amerika aangetref, met nog bevolkings in Tibet en hoë dele van Indië en Pakistan. Eksters van die genus Cyanopica kom in Oos-Asië en die Iberiese Skiereiland voor.
Volgens sommige studies vorm eksters nie die monofiletiese groep wat meestal gedink word nie – ’n lang stert het onafhanklik in verskeie lyne van die kraaifamilie langer (of korter) geword.[5] Onder die tradisionele eksters is daar twee aparte lyne. Een bevat die swart-en-wit holarktiese spesies (uit die noordelike deel van die arktiese streke) wat moontlik na verwant is aan kraaie en Europsese gaaie. Die ander lyn bevat verskeie spesies van Suid- tot Oos-Asië met helder kleure, hoofsaaklik groen en blou.
Die asuurvlerk-eksters en Iberiese ekster, wat voorheen as een spesie beskou is, word nou as twee verskillende spesies gelys en geklassifiseer as die genus Cyanopica.[6]
Holarktiese eksters
Oriëntale eksters
Asuurvlerk-eksters
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.