From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eems (Latyns Amisia, Wesfalies Iems, Noord-Nedersaksies en Nederlands Eems, Saterfries: Oamse, Duits: Ems) is 'n rivier in die noord-weste van Duitsland.
Ems | |
---|---|
Die Eems naby Lingen. | |
Die stroomgebied van die Eems. | |
Oorsprong | Kasteel Holte-Stukenbrock |
Monding | Dollart, Noordsee naby Eemden, Duitsland |
Stroomgebied | Noordryn-Wesfale en Nedersakse, Duitsland |
Lengte | 371 km (231 myl) |
Oorspronghoogte | 129 m (423 voet) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 80 m³/s (2 825 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 13 160 km² (5 081 myl²) |
Kaart van die Eems-bekken in Europa. |
Die rivier ontspring in die Senne naby die kasteel Holte-Stukenbrock in die landsdeel Wesfale, vloei aanvanklik deur die Westfälische Bucht - parallel met die Teutoburger Woud - in noordwestelike rigting en vanaf die landsgrens met Nedersakse, tussen Rheine en Salzbergen, in noordelike rigting tot by sy uitmonding in die Noordsee.
Vanaf die Dollart vorm die Eems-rivier die gedeeltelik omstrede grenslyn tussen Duitsland en die Nederlandse provinsie Groningen. Die Eems mond sowat 27 km rivieraf van Eemden tussen Pilsum en Eemshaven in die Noordsee uit.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.