Dzjalikowo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dzjalikowo (Russies: Джалыково) is 'n dorpie in Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Dzjalikowo Plaaslike Munisipaliteit wat tot Lagan-rajon behoort en nog een kleiner nedersetting, Boerannoje, insluit. Dit lê op die klein Tsaptameer naby die Kaspiese See en die grens met Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland.