From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Dvorak vereenvoudigde sleutelbord is 'n sleutelborduitleg wat deur Drs. August Dvorak en William Dealy in die 1920's en die 1930's ontwerp is as 'n alternatief tot die steeds gewilde QWERTY-sleutelborduitleg.
Dvorak en Dealy het die frekwensie waarteen letters gebruik word en die fisiologie van die hand bestudeer en die uitleg ontwerp om aan die volgende beginsels te voldoen:
Die uitleg is in 1932 voltooi en daar is 'n patent in 1936 in die VSA daaraan toegeken (V.S.A Patente No. 2,040,248). Dit is ook in 1982 aangewys as die alternatiewe standaard sleutelborduitleg vir die Amerikaanse Instituut vir Standaarde (ANSI). In 1984 het die Dvorak-sleutelbord na raming sowat 100 000 gebruikers gehad.
Selfs al glo baie dat die beginsels waarop die Dvorak-sleutelbord gebaseer is beter is as die ouer QWERTY, het pogings om wêreldwyd na die Dvorak-uitleg oor te skakel baie weerstand ondervind. Tikkers wat alreeds vaardig is met die QWERTY-uitleg wil nie 'n nuwe uitleg aanleer nie. Die Dvorak-sleutelbord word dikwels deur bestuurskonsultante gebruik ter illustrasie van die struikelblokke wat 'n mens teekom tydens die proses van verandering in organisasies.
Bowen die tyd wat van 'n QWERTY-tikker vereis word om die Dvorak uitleg te leer en om vaardig daarmee te raak, vereis baie rekenaarprogramme sleutelbordkortpaaie of uitlegte wat verskil van die Dvorak uitleg en word dus verdere opleiding vereis. Sommige woordverwerkers aanvaar byvoorbeeld dat sekere sleutels op die tuisry voorkom of sekere rekenaarspeletjies kan moeiliker wees om te speel omdat die sleutels waarmee die speletjie beheer word op ongemaklike posisies geleë is. (Die meeste speletjies se beheeruitleg kan egter deesdae verstel word.)
Dvorak het verskeie studies in die laat 1940's gedoen wat aangedui het dat QWERTY-tikkers heropgelei kan word om op die Dvorak-sleutelbord te gebruik en hulle oorspronklike spoed weer binne 2-3 maande bereik en dan daarna soveel as 30% vinniger kon tik (soos gemeet in woorde per minuut). Ander navorsers se resultate het egter getoon dat daar nie veel van 'n verskil was tussen die doeltreffendheid van die QWERTY- en Dvorak-uitlegte nie. Die metodologie wat gebruik is vir die verskillende studies bly egter nog omstrede kwessies.
Dvorak het ook 'n alternatiewe uitleg vir die sleutels op die getalle-ry voorgestel, naamlik 7-5-3-1-9-0-2-4-6-8, met die geloof dat dit ook meer doeltreffend is. Daar is egter baie min sleutelborde wat hierdie uitleg gebruik en die ANSI-standaard vereis die normale numeriese volgorde.
Daar bestaan ook Dvorak-uitlegte ontwerp vir tik met een hand en is baie nuttig vir gestremdes. Daar is 'n uitleg wat ontwerp is vir die linkerhand en een vir die regterhand.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Dvorak keyboard layouts. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.