![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/bf/SANDF_Durban_Light_Infantry_emblem.jpg/640px-SANDF_Durban_Light_Infantry_emblem.jpg&w=640&q=50)
Durban Light Infantry
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Durban Light Infantry is 'n reserwemagregiment in die Suid-Afrikaanse Infanteriekorps van die Suid-Afrikaanse Leër, met hoofkwartier in Durban. Dit bestaan (met onderbrekings) sedert 1854 en het 'n geskiedenis wat aktiewe deelname aan verskeie koloniale veldslae, die Tweede Vryheidsoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die Grensoorlog, en die Noodtoestand insluit. Die regiment het verskeie gevegsonderskeidings verwerf, en oor die jare is baie lede met dekorasies vereer. Sy leuse is Primus in Africa ('Eerste in Afrika').
Kitsfeite
Durban Light Infantry | |
---|---|
Gestig | Mei 1854 |
Land | ![]() ![]() |
Weermagdeel | ![]() |
Onderdeel van | Suid-Afrikaanse Infanteriekorps |
Tipe | Infanterie |
Spesialisasie | Motorisierte Infanterie |
Hoofkwartier | Durban |
Aantal lede | Een bataljon |
Sluit