Dulwich Village is een van min woonbuurte in die middestad van Londen wat hul oorspronklike dorpskarakter met 18de eeuse woonhuise, 19de eeuse huisies, skandpaal, hangende blommemandjies en 'n tolhek bewaar het. Die buurt staan bekend vir sy kunsgalery en oop groen ruimtes en is vanweë sy gerieflike gesinshuise, sy hoë gehalteskole, openbare vervoergeriewe en kort afstande van die City of London, die sentrale sakekern van die Britse hoofstad, veral aantreklik vir gesinne. Die befaamde 19de eeuse romantiese skrywer Lord Byron (1788-1824) het in Dulwich Village skoolgegaan.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Dulwich Village | |
---|---|
Voorstad | |
Koördinate: 51°27′N 0°05′W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Groter Londen |
Tydsone | UTC±00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | SE21 |
In administratiewe opsig maak Dulwich Village deel uit van Dulwich in die Suid-Londense distrik Southwark.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.