From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Duitse perdeby (Vespula germanica) is 'n perdeby wat natuurlik in Europa voorkom, maar 'n indringerspesie in Suid-Afrika is. Die perdeby staan ook bekend as die geelbaadjie-wespe en as die German wasp in Engels.
Duitse perdeby | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Apocrita |
Familie: | Vespidae |
Genus: | Vespula |
Spesie: | V. germanica |
Binomiale naam | |
Vespula germanica (Fabricius, 1793) | |
Die insek se kleur is hoofsaaklik geel-en-swart en die antennas is swart. Dit trek sy pote in tydens vlug. Hulle maak hulle neste ondergronds, wat kartonagtig voorkom. Dit is 'n bedreiging vir plaaslike insekte, onder andere heuningbye.
Die aggressiewe perdeby kom in Suid-Afrika in die Wes-Kaap voor, en het al boere rondom Stellenbosch, Somerset-Wes en Franschhoek verhinder om hul oeste van vrugte en druiwe te pluk.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.