From Wikipedia, the free encyclopedia
Doofheid beskryf die toestand van 'n onvermoë of verminderde vermoë om te hoor, (oftewel ouditiewe inligting waar te neem). Sommige gevalle van gehoorverlies kan met geneeskundige behandeling omgekeer word, maar dit lei meestal na permanente ongeskiktheid. Die voorkoms van totale doofheid in die wêreld is omtrent 0.1% van die bevolking, Geargiveer 25 April 2006 op Wayback Machine maar is waarskynlik hoër in ontwikkelende lande as in ontwikkelde lande as gevolg van die verskil in toegang tot gesondheidsorg. Ten minste 5% van die totale bevolking het 'n mate van doofheid – en die meeste van diegene ontwikkel dit eers wanneer hulle bejaard is. Geargiveer 10 Junie 2010 op Wayback Machine Aan die ander kant, as die gehoorverlies op 'n jong ouderdom voorkom, mag dit die verkryging van gesproke taal en sosiale ontwikkeling vertraag.
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. |
Gehoorapparate en kogleêre implanterings kan die probleme van doofheid gedeeltelik verbeter, maar is dikwels nie voldoende nie.
Doofheid is nie beperk tot mense nie, maar kom ook voor onder diere.
Doofheid kan onderskei word in prelinguale en postlinguale doofheid. ('Lingua' is Latyn vir tong). Die eerste gebeur as die doofheid ontstaan het op 'n ouderdom voordat taalverworwing plaasgevind het, terwyl postlinguale doofheid ontwikkel ná die sesde lewensjaar. Dit is dikwels nie moontlik vir diegene met prelinguale doofheid om te leer praat nie.
Daar is drie hooftipes doofheid: sensorineurale doofheid, geleidingsdoofheid en 'n kombinasie van die twee.
Dit word veroorsaak deur skade aan die binne-oor (die koglea of agtste kraniale senuwee) of ouditiewe breinstam. Dit kan voorts verder onderverdeel word in 'n sensoriese gehoorverlies (binne-oor) of 'n neurale verlies (breinstam).
Geleidingsdoofheid word veroorsaak deur skade aan die middel- of uitwendige oorsisteem (die uitwendige oorkanaal, die oordrom, of die strukture in die middeloor -– die malleus-, incus- en stapesbeen).
'n Gekombineerde doofheid gebeur wanneer beide sensori-neurale en geleidingsoorsake betrokke is.
Vyf faktore is betrokke: langdurige blootstelling aan omgewingsgeraas, genetiese faktore, siektetoestande wat die oor aantas, substansblootstelling, en fisiese trauma.
Doofheid kan oorerflik wees. Beide dominante en resessiewe gene kan die oorsaak wees vir matige tot erge doofheid. Wanneer 'n dominante geen ter sprake is, kan die doofheid oor baie geslagte heen voorkom, aangesien slegs een ouer aangetas hoef te wees.waar door de ontlasting de oor beschadigt
Vertaal en versmelt vanaf die artikels Hearing impairment en Deaf op die Engelse Wikipedia; en die artikels Doofheid en Slechthorendheid op die Nederlandse Wikipedia.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.