From Wikipedia, the free encyclopedia
Diyarbakır (Ottomaanse Turks: دیاربکر Diyâr-i Bekr, "Land van Bekr", Koerdies: Amed, Armeens: Dikranagerd, Zazaki: Diyarbekir, Siries: Amedu) is die tweede grootste stad in die suidooste van Turkye ná Gaziantep en is in die streek Koerdistan aan die Tigrisrivier geleë. Die stad het 'n bevolking van 930 266 in 2014 gehad en het 'n oppervlakte van 2 060 km². Diyarbakır is tans die hoofstad van die Diyarbakır-provinsie in Anatolië, dié provinsie het 'n bevolking van 1 654 196 in 2015 gehad. Diyarbakır se vesting en Hevsel-tuine kultuurlandskap is in 2015 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Turkye |
Provinsie | Diyarbakır |
Koördinate | 37°54′36″N 40°14′24″O |
Stigting | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 2 060 vk km |
Hoogte bo seevlak | 675 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2014) | 930 266[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 451,6/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Burgemeester | Gültan Kışanak (BDP) |
Amptelike webwerf | diyarbakir.bel.tr |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.