From Wikipedia, the free encyclopedia
Dinsdag is die weeksdag tussen Maandag en Woensdag. Die Engelse naam is afkomstig van die Germaanse god Tyr en beteken "Tyr se dag".
Dinsdag voor Vaste (ook genoem Mardi Gras - "vet Dinsdag") gaan die vastyd vooraf in die Christelike kalender.
Swart Dinsdag in die Verenigde State van Amerika verwys na 29 Oktober 1929, die begin van die groot aandelemarkineenstorting van 1929. Dit was die Dinsdag ná "Swart Donderdag", wat die begin van die Groot Depressie aangedui het.
In die Griekse wêreld word Dinsdag as 'n rampspoedige dag gesien as gevolg van die val van Konstantinopel. Dieselfde geld in Spaanssprekende wêreld, waar 'n spreekwoord En martes, ni te cases ni te embarques lui: Moenie trou of 'n reis begin op 'n Dinsdag nie.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Tuesday. |
Sien Dinsdag in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.