chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Dimetielsulfied is 'n organiese verbinding met die chemiese formule (CH3)2S; dit is die eenvoudigste tioëter. Dimetielsulfied het 'n koolagtige reuk en dra by tot die reuk van gekookte kool, blomkool, seldery of aspersie. Die reukdrempel is taamlik laag, 0,12 μg/L in water. Die stof wat sy voorloper is en waaruit dit gevorm word, S-metielmetionien, kom in verskeie groentes voor. Tamaties het ong. 2,6 mg/kg en seldery 146 mg/kg daarvan.[2]
Algemeen | |
---|---|
Naam | Dimetielsulfied |
Chemiese formule | (CH3)2S |
Molêre massa | 62,31 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 75-18-3[1] |
Voorkoms | Kleurlose vloeistof [1] |
Reuk | Onwelriekend[1] |
Reukdrempel | 0,12 μg/L in water[2] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -56,6 °C |
Kookpunt | +38 ° @ 1 Atm [1] |
Digtheid | 0,840 [1] |
Oplosbaarheid | 2 [g/L] @ 20 °C[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | -48 °C [1] |
Selfontbrandingspunt | 205 °C[1] |
LD50 | >2000 [mg/kg] (rot; oraal) |
LC50 | 40 250 dpm (rot; 4 uur) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Die stof word deur mikroörganismes vrygestel. Dit is 'n vlugtige stof wat 50-60% van die gereduseerde swael uitmaak wat in die aarde se atmosfeer teenwoordig is. Die oseane is verantwoordelik vir 95% van die DMSfluks wat die atmosfeer bereik. Dit word geskat op 15-33 Tg swael per jaar. Die stof word saamgeneem in klimaatmodelgerekenings. In die atmosfeer raak dit geoksideer en vorm dit swaweldioksied SO2. Dit word byna uitsluitlik deur biogene prosesse gevorm, veral deur die ensimatiese splyting van DMSP (dimetielsulfoniumpropionaat). Dit is 'n produk van verskeie organismes in die mariene fitoplankton en dit deel van 'n ingewikkelde netwerk van paaie van produksie en konsumpsie van mikroörganismes.[3]
In September 2023 is berig dat die James Webb-ruimteteleskoop hierdie stof glo op die eksoplaneet K2-18b ontdek het. Omdat hierdie stof op aarde net deur lewende organismes vervaardig word, is dit moontlik 'n aanwysing dat op dié planeet lewe bestaan. [4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.