From Wikipedia, the free encyclopedia
Dierdré "Dee" Anne Snijman (gebore op 27 Junie 1949) is 'n Suid-Afrikaanse plantkundige en planttaksonoom wat bekend is vir die bestudering en skryf van uitgebreide artikels oor bolle.[1][2] Sy het meer as 120 spesies beskryf en uitgebreide werke oor Suid-Afrikaanse flora geskryf.[3] Sy ontvang die 1997 Herbertmedalje van die International Bulb Society vir haar navorsing oor Amaryllis.[4][5]
Dierdré Snijman | |
Geboortenaam | Dierdré Anne Snijman |
---|---|
Gebore | 27 Junie 1949 Johannesburg |
Vakgebied | Botanici |
Instelling(s) | Kirstenbosch |
Alma mater | Universiteit van Natal |
Doktorale promotor(s) | Peter Linder |
Bekend vir | Amaryllis,Haemanthus, Hessea,Strumaria |
Toekennings | Herbertmedalje |
Snijman is in 'n klein dorpie oos van Johannesburg gebore en het vroeg die naam "Dee" aangeneem as makliker om te spel en uit te spreek. Sy is opgevoed by die Blessed Imelda Convent in Brakpan en aan die Damelin College in Johannesburg. Haar aanvanklike belangstelling in Suid-Afrikaanse blomme is aangewakker deur haar ouers se bloktuin en die illustrasies deur Cythna Letty en Aruiol Batten. Sy het haar BSc (Plantkunde en Wiskunde) aan die Universiteit van Natal voltooi. Sy behaal haar MSc in 1973 en terselfdertyd 'n Diploma in Onderwys, maar hou slegs een jaar skool.[5]
In 1974 sluit sy by die Compton-herbarium by die Kirstenbosch Botaniese Tuine aan, waar sy die werk van verskeie Suid-Afrikaanse plantkundiges teëkom, waaronder Robert Harold Compton. W.F. Barker het 'n versameling monokotte daar voltooi voor haar aftrede. Peter Goldblatt en John Rourke het haar vroeë werk gelei. Sy en Pauline Perry het baie uitstappies in die Suider-Afrikaanse winterreënvalstreek onderneem.[5]
Sy het in 1984 die genus Haemanthus in samewerking met die plantkunstenaar Ellaphie Ward-Hilhorst gepubliseer, en dit opgevolg met werk oor Hessea en Strumaria, wat deel gevorm het van navorsing vir haar Ph.D.[5]
Die standaard skrywer afkorting Snijman word gebruik om Dierdré Snijman as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam gebruik word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.