chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Diëtieleter of gewoon eter is ‘n organiese verbinding met formule CH3CH2OCH2CH3 .
Algemeen | |
---|---|
Naam | Diëtieleter |
IUSTC-naam | etoksiëtaan |
Ander name | Eter |
Chemiese formule | CH3CH2OCH2CH3 |
Molêre massa | 74,1 g/mol |
CAS-nommer | 60-29-7 |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -116,3 °C |
Kookpunt | 34,5 °C |
Digtheid | 0,71 g/cm3 |
Oplosbaarheid | |
Henry se konstante | 0,96 [L/mol.atm] 5300 [K] [1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | -45 °C |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Eter is taamlik lank bekend. Raymundus Lullus het dit glo omtrent 1275 reeds ontdek, maar ander navorsers word soms as ontdekkers genoem soos Paracelsus of die Duitse medikus en plantkundige Valerius Cordus (1515-1554). Hy het ‘n vervaardiging van eter uit swaelsuur en alkohol beskryf. Die naam eter stam van Frobenius in 1730. In die 19de eeu het medici soos Williamson Long begin om dit vir verdowing te gebruik. In 1842 verwyder hy ‘n gewas by ‘n pasiënt onder eter-narkose. In die 1930s begin hierdie aanwending te verminder omdat eter baie brandbaar is. Sy flitspunt is baie laag. In die Derde Wêreld word dit soms nog toegepas. Vandag word die stof hoofsaaklik as ‘n oplosmiddel vir wasse, vette, olies, harse, natuurrubber en in die organiese sintese gebruik. [2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.