Delvillebos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Delvillebos (in Engels, Delville Wood, in Frans, Bois d'Elville) is 'n klein bos by die dorp Longueval in die Sommevallei in Frankryk. Die Suid-Afrikaanse Oorlogsgedenkteken en die Delvillebos-gedenkmuseum ter herinnering aan Suid-Afrikaners, wat aan twee wêreldoorloë, die oorlog in Korea en die Berlynse Lugbrug deelgeneem het, is in 1986 geopen. Die museum is 'n verkleinde weergawe van die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad.