Delftse erdewerk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Delftse erdewerk, 'n Nederlandse pottebakkerskuns, het sy grootste bloeitydperk in die 17e en 18e eeu beleef. Die sentrum van die bedryf was, soos die naam aandui, die stad Delft. Die voorwerpe wat daar gemaak is en meestal blou maar dikwels ook veelkleurige motiewe op 'n wit agtergrond gehad het, is van baie hoë kwaliteit en wêreldberoemd.