Dawid II van Ethiopië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dawid II (Ge'ez: ዳዊት dāwīt, omstreeks 1496 - 2 September 1540), ook bekend as Wanag Segad (ወናግ ሰገድ wänag sägäd, "voor wie leeus buig"), was van 1508 tot 1540 keiser van Ethiopië. Hy is beter bekend onder sy geboortenaam, Lebna Dengel (ልብነ ድንግል ləbnä dəngəl). Sy politieke hoofstad was Shewa.
Kitsfeite Dinastie, Bewind ...
Dawid II | |
---|---|
Keiser van Ethiopië | |
’n Portret van Lebna Dengel deur Cristofano dell'Altissimo. | |
Dinastie | Huis van Salomo |
Bewind | 13 Augustus 1507 - 2 September 1540 |
Gebore | c. 1496 |
Gesterf | 2 September 1540 (op 43 of 44) |
Voorganger | Na'od |
Opvolger | Gelawdewos |
Vader | Na'od |
Moeder | Na'od Mogesa |
Sluit
Dawid was ’n afstammeling van die Middeleeuse Amhare en lid van die Salomoniese Dinastie. Hy was die seun van keiser Na'od en keiserin Na'od Mogesa. Die belangrike oorwinning oor die Adal-sultan Mahfoez het waarskynlik gelei tot sy bynaam, Wanag Segad, wat ’n mengsel van Ge'ez en Harari is.[1]