From Wikipedia, the free encyclopedia
Dawid Moryc Apfelbaum († 28 April 1943) was 'n bevelvoerder van die Żydowski Związek Wojskowy, 'n Poolse gewapende versettingsbeweging tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy was van Joodse afkoms.
Dawid Moryc Apfelbaum | |
---|---|
Bynaam(e) | Mieczysław |
Sterfdatum | 28 April 1943 |
Sterfplek | Warskou, Pole |
Lojaliteit | Pole |
Diens/Tak | Żydowski Związek Wojskowy |
Jare in diens | tot 1943 |
Rang | Luitenant Major |
Eenheid | Żydowski Związek Wojskowy |
Veldslae/oorloë | Inval van Pole Opstand in die Warskou-ghetto |
Familie | Paul Frankel Henryk Iwański Mordechai Anielewicz |
Dit was Apfelbaum wat deur die ZZW se sekuriteitsafdeling in 1942 gewaarsku is dat die Duitsers 'n inval beplan. Apfelbaum het die leier van die Judenrat, Czerniakow, ingelig en 'n georganiseerde opstand voorgestel. In Julie, 1942, het Apfelbaum saam met Henryk Iwański 'n verslag oor die situasie gelewer tydens 'n ghetto verenigingsvergadering met Czerniakow en sy plaasvervanger, Lichtenbaum, maar hul voorstel vir 'n opstand was afgekeur.
'n Paar ZZW-lede het naderhand van die ghetto onttrek, maar Apfelbaum het geweier om die ghetto te verlaat. Tydens 'n geveg op Muranowski-plein op die 27ste April is Apfelbaum ernstig gewond en sterf die volgende dag.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.