Daniël Cornelis Boonzaier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Daniël Cornelis Boonzaier (bekend as D.C. Boonzaier[1] of D.C. Boonzaaier;[2] 1865–1950) was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en spotprenttekenaar wat waardering van binne en buite Suid-Afrika ontvang het. Oor sy loopbaan van 50 jaar het hy 'n merkwaardige reeks karikature en politieke spotprente gelewer. Hy was bekend as Die Burger se spotprentkunstenaar en veral as die skepper van Hoggenheimer. [2] Sy opvolger by Die Burger was T.O. Honiball.
Kitsfeite D.C. Boonzaier, Gebore ...
D.C. Boonzaier | |
---|---|
Gebore | Daniël Cornelis Boonzaier 11 November 1865 |
Sterf | 20 Maart 1950 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Kunstenaar |
Bekend vir | Spotprente |
Kinders | Gregoire Boonzaier |
Sluit