Corniese rex
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Corniese rex (Engels: Cornish Rex) is ’n katras met geen hare behalwe die eerste laag donshare naaste aan die vel nie. Die meeste ander katte het drie soorte hare: die boonste dekhare wat sowat 5 cm lank is by korthaarkatte en sowat 10 cm by langhaarkatte, ’n middelste laag en ’n onderste laag wat baie sag en donsig en sowat 1 cm lank is. Die Corniese rex het net die onderlaag. Die krul in die pels word veroorsaak deur ’n ander mutasie en geen as by die Devon rex.