From Wikipedia, the free encyclopedia
Cornelius David Krieghoff (19 Junie 1815 – 5 Maart 1872) is een van die gewildste 19de eeuse Nederlandse-Kanadese skilders. Hy is mees bekend vir sy skilderye van Kanadese landskappe en buitelewe, veral sy wintertonele in die provinsie Quebec, en het sy gunstelingmotiewe in verskillende variante uitgebeeld.
Krieghoff is in die Nederlandse hoofstad Amsterdam gebore, maar het in 1836 na New York Stad verhuis en in die volgende jaar by die Amerikaanse leër aangesluit. In 1840 het hy saam met sy vrou Émilie Gauthier na Montréal verhuis.
In 1844 het hy saam met sy vrou 'n reis na die Franse hoofstad Parys onderneem waar hy onder die leiding van Michel Martin Drolling (1789-1851) meesterwerke van die Louvre-museum gekopieer het. In 1846 het die Krieghoffs na Montréal teruggekeer, en in 1853 het Krieghoff saam met sy gesin na Québecstad verhuis.
In die tydperk tussen 1863 en 1870 het Krieghoff in Europa gebly. In 1871 het hy hom in Chicago gevestig waar hy een jaar later in die ouderdom van 56 jaar oorlede is. Hy lê begrawe in Chicago se Graceland-begraafplaas.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Cornelius Krieghoff. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.