Cobus Rossouw
Afrikaanse akteur / From Wikipedia, the free encyclopedia
Cobus Rossouw (28 Maart 1933 - ) is ’n Afrikaanse akteur en ’n pionier van die Afrikaanse toneel. Hy het in verskeie groot rolprente, TV-reekse en toneelstukke gespeel, maar het nooit in enige sepies verskyn nie.
Kitsfeite Geboorte, Nasionaliteit ...
Cobus Rossouw | |
Geboorte | 28 Maart 1933 (1933-03-28) (91 jaar oud) Marydale, Noord-Kaap |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sluit
Rossouw maak sy rolprentdebuut in 1965 in Debbie. Daarna het hy in tientalle rolprente verskyn, onder ander in Die Kandidaat, Die wildsboudjie en Jannie totsiens. Onder sy groot verhoogrolle is Koning Lear, Richard III, Hamlet, Oom Wanja en Die idoot. In 1971 ontvang Rossouw die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.