Christelike Demokrasie (Italië)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Christelike Demokrasie (Italiaans: Democrazia Cristiana, DC) was 'n Christen-demokratiese[5] politieke party in Italië.
Christelike Demokrasie | |
DC | |
Leier | Alcide De Gasperi Amintore Fanfani Aldo Moro Mariano Rumor Giulio Andreotti Francesco Cossiga Arnaldo Forlani Benigno Zaccagnini Flaminio Piccoli Ciriaco De Mita Mino Martinazzoli |
---|---|
Gestig | 15 Desember 1943 |
Ontbind | 16 Januarie 1994 |
Voorafgegaan deur | Italiaanse Volksparty (1919) (Voorloper uit die pre-Fascistiese-era) |
Opgevolg deur | Italiaanse Volksparty (1994) (wettige opvolger) Christelike Demokratiese Sentrum (splyting) |
Nuusbrief | Il Popolo |
Hoofkwartier | Piazza del Gesù, Rome |
Jeugvleuel | Christelike Demokratiese Jeugbeweging |
Ideologie | Christelike demokrasie[1] Popularisme[2] Sosiale konserwatisme[3][4] |
[[Lêer:|240x180px]] | |
Amptelike kleure | Wit |
Die DC is in 1943 in Duits-besette Italië gestig as die ideale opvolger van die Italiaanse Volksparty. Dit het dieselfde logo gehad as dié voorganger, 'n skild met 'n kruis (scudo crociato). Dit was 'n Katoliek-geïnspireerde, sentralistiese,[6] party wat gepoog het om almal te akkommodeer,[2][7] met beide regse- en linkse politiese faksies. Die DC het vir vyftig jaar 'n dominante rol gespeel in die politiek van Italië, van die ontstaan daarvan in 1944 tot die uiteindelike ontbinding daarvan in 1994 te midde van die Tangentopoli-skandale. Die party se noemnaam was die Wit Walvis (Balena bianca), wat te wyte was aan die party se groot organisatoriese struktuur en die amptelike kleur daarvan.[8] Gedurende die party se lang bewindstydperk was die Italiaanse Kommunistiese Party die grootse opposisieparty.
Van 1946 tot 1994 was die DC die grootste party in die parlement en het dit in opeenvolgende koalisies regeer. Dit het oorspronklik regerings ondersteun met 'n liberaal-konserwatiewe (saam met die gematigde Italiaanse Demokratiese Sosialistiese Party, die Italiaanse Liberale Party en die Italiaanse Republikeinse Party) basis voordat dit oorbeweeg het na sentrum-linkse koalisies waarby die Italiaanse Sosialistiese Party betrokke was.
Die party is opgevolg deur 'n aantal kleiner partye, waaronder die Italiaanse Volksparty (1994), die Christen-Demokratiese Sentrum, die Verenigde Christen-Demokrate en die nog steeds aktiewe Unie van die sentrum (2002). Voormalige Christen-demokrate kom ook verspreid voor in ander partye soos Forza Italia en die sentrum-linkse Demokratiese Party.
Die DC was 'n stigterslid van die Europese Volksparty in 1976.