Cape Maclear
From Wikipedia, the free encyclopedia
Cape Maclear, of Chembe, is ’n dorp in die Mangochi-distrik van Malawi se Suidelike Streek. Die nedersetting op die Nankumba-skiereiland lê aan die suidelike oewer van die Malawimeer naby die Domwe- en die Thumbwe-eiland[1] en is die besigste oord aan die meer.[2] Dit val in die Malawimeer Nasionale Park.
Geskiedenis
Voor die koms van Skotse sendelinge was die gebied onder beheer van die Moslemse Yao-volk.[3] Die sendeling en ontdekkingsreisiger David Livingstone het in 1859 die kaap bereik en dit "Cape Maclear" genoem, na sy vriend die sterrekundige Thomas Maclear aan die Kaap die Goeie Hoop.[4][5] In Oktober 1875 is ’n nuwe sendingstasie, "Livingstonia", deur Skotse sendelinge gestig.[6][7]
Hoewel Cape Maclear ’n goeie hawe gehad het, het die onvrugbare grond in die gebied en die voorkoms van die tsetsevlieg beteken ’n meer geskikte terrein moes gevind word.[8] Die sendelinge het in 1882 geskuif na Bandawe, naby Chintheche.[9] Daar is steeds sendelinggrafte op Cape Maclear.[10]
Natuurlewe
Cape Maclear en sy eilande, woude en baai is in 1980 tot ’n nasionale park verklaar met die naam Malawimeer Nasionale Park, die eerste nasionale varswaterpark in die wêreld.[11] In 1984 het dit ’n Unesco-wêrelderfenisgebied geword.[12]
Verskeie voëlsoorte kom voor, onder meer verskeie soorte visvangers.[13] Daar is ’n museum oor die vorming van die Malawimeer en sy natuurlewe.[1]
Toerisme
Die dorp is ’n "groot toeristebestemming"[14] en die besigste oord aan die meer.[2] Daar is kroeë, restaurante, lodges en gastehuise,[15] onder meer ’n lodge op Maleri-eiland in die meer.[16]
Die gebied is veral gewild onder rugsakstappers.[17] Bedrywighede sluit in snorkelduik, stap, boot- en kajakvaarte.
Gesondheidsorg
Daar is ’n mediese kliniek op Cape Maclear. Die Billy Riordan-gedenkkliniek is in 2004 gestig en bied behandeling vir siektes soos disenterie, bilharzia en malaria. Mags Riordan, wat die kliniek gestig het, is die ma van ’n man wat in 1999 naby Cape Maclear in die Malawimeer verdrink het.[18][19]
Bilharzia kom algemeen hier voor; drie keer meer as op ander plekke aan die Malawimeer.[20]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.