From Wikipedia, the free encyclopedia
Charles Moss "Charlie" Duke Jr. (3 Oktober 1935 - ; Brigadier-Generaal, Amerikaanse Lugmag) is 'n Amerikaanse ingenieur, afgetrede offisier in die Amerikaanse Lugmag, toetsvlieënier en voormalige ruimteman van Nasa. Hy was die vlieënier van die maanmodule vir Apollo 16 en die tiende en jongste persoon wat op die maan geloop het. Hy is gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.
Charles Duke | |
---|---|
Charles Duke in September 1971 | |
Gebore | Charles Moss Duke Jr. 3 Oktober 1935 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ruimtevaarder |
Bekend vir | Tiende en jongste man wat op die maan geloop het |
Eggenoot | Dorothy (Dottie) Meade Claiborne (∞ 1963) |
Kinders | Charles II (1965), Thomas (1967) |
Webwerf | charlieduke.net |
Duke het 'n foto van sy gesin op die maan agtergelaat.
Duke, 'n boorling van Charlotte, Noord-Carolina, het in in Lancaster, Suid-Carolina groot geword. In 1957 het hy sy akademiese opleiding by die Amerikaanse Vloot voltooi en sewe jaar later, in 1964, sy meestersgraad, die Masters in Aeronautics & Astronautics, aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT) behaal. Een jaar later het sy opleiding by die Amerikaanse Lugmag se Toetsvlieënierskool (U.S. Air Force Test Pilot School) voltooi as die beginpunt van sy loopbaan as ruimtevaarder.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.