From Wikipedia, the free encyclopedia
Caroline Wöstmann (18 Januarie 1983 - ) is 'n Suid-Afrikaanse atleet wat in 2015 die vroueafdeling van die Twee Oseane- en die Comrades-maratonne gewen het.[1] Sy is 'n moeder van twee, 'n senior lektor aan die Universiteit van die Witwatersrand en 'n geoktrooieerde rekenmeester.[2]
Wöstmann is die eerste Suid-Afrikaanse vroueatleet, ná Frith van der Merwe in 1989, wat die Twee Oseane én die Comrades in dieselfde jaar kon wen in 2015. Sy is boonop die eerste Suid-Afrikaanse vrou in 17 jaar wat die op-Comrades tussen Durban en Pietermaritzburg kon inpalm.
Jaar | Wedren | Tyd | Afstand | Posisie |
---|---|---|---|---|
2016[3] | Twee Oseane-maraton | 03:44:44 | 56 km | 1 |
2015[4] | Comrades-maraton | 06:12:22 | 87.72 km | 1 |
2015[3] | Twee Oseane-maraton | 03:41:24 | 56 km | 1 |
2015[5] | McCarthy Volkswagen/Audi Love Run | 01:20:50 | 21.1 km | 1 |
2015[5] | Sarens Edenvale | 03:03:12 | 42.2 km | 1 |
2014[5] | Aspen Port Elizabeth Stad | 02:44:57 | 42.2 km | 1 |
2014[6] | Comrades-maraton | 06:51:43 | 89.28 km | 6 |
2014[5] | Old Mutual Om die Dam | 03:48:51 | 50 km | 3 |
2013[5] | Old Mutual Om die Dam | 03:41:44 | 50 km | 4 |
2012[6] | Comrades-maraton | 07:16:48 | 89.28 km | 15 |
2011[6] | Comrades-maraton | 08:33:29 | 89.96 km | 68 |
2009[6] | Comrades-maraton | 09:17:39 | 89.3 km | 205 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.