![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/42/Celine_Dion_Concert_Singing_Taking_Chances_2008.jpg/640px-Celine_Dion_Concert_Singing_Taking_Chances_2008.jpg&w=640&q=50)
Céline Dion
From Wikipedia, the free encyclopedia
Céline Dion (gebore 30 Maart 1968) is 'n Kanadese sangeres.
Céline Dion | |
---|---|
![]() | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 30 Maart 1968 (1968-03-30) (56 jaar oud) Charlemagne, Québec, Kanada |
Genres |
|
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1980–nou |
Etikette |
|
Assosiasies | David Foster |
Webwerf | celinedion |
Céline is gebore as die jongste van 14 kinders, in 'n hoogs musikale familie in die klein dorpie Charlemagne, Québec, Kanada. Sy sing al van die ouderdom van vyf, en het gou geleer om lewendige optredes te gee. Sy het op 12 haar eerste liedjie, "It was only a dream", geskryf, tesame met haar ma en een van haar broers.
Die proefopname is toe onder die aandag van René Angélil, 'n baie goeie bestuurder, gebring. In 1981 was René in vervoering oor Céline se stem en van plan om 'n internasionale ster van haar te maak. Hy het ook 'n verband op sy huis uitgeneem om vir die onkoste van haar debuutalbum te betaal.
Céline het bekendheid verwerf in 1982, toe sy die Goue Medalje by die "Yamaha World Song Festival" in Tokio gewen het, tesame met die gesogde "Musician's Award for Top Performer". In 1983 word Céline die eerste Kanadees wat 'n goue plaat in Frankryk kon behaal.
Teen 1988 was Céline al 'n bekende naam in Kanada, waar sy verskeie Felix-toekennings gewen het en platinumalbums gemaak het. Dieselfde jaar wen Céline die Eurovision-sangfees in Dublin, Ierland, waar sy optree voor 'n televisiegehoor van meer as 600 miljoen mense in Europa, Australië, die Sowjetunie, die Midde-Ooste en Japan.
In 1990 reik Céline haar eerste Engelse album uit, 'Unison', en ook haar eerste vir Sony Music, en behaal haar eerste topvyf-treffer, "Where does my heart beat now?", in die VSA. Céline se internasionale deurbraak het gekom toe sy die temalied vir die animasiefliek "Beauty and the Beast" opgeneem het. Die liedjie was nommer een en het 'n Academy- en 'n Grammytoekenning gewen.
Céline se volgende album, "Celine Dion" het nog vier treffers opgelewer. Hulle was "Love can move mountains", "Water from the moon", "If you asked me too" en "Did you give enough love?". In Kanada het die album ses keer platinum gewen.
Céline en René is op 17 Desember 1994 getroud in die Notre Dame Basilica in Montreal.
Céline se treffer, "Think Twice" van haar "The colour of my love" album, was vir vyf weke aanmekaar op nommer een op die Britse trefferslys, asook die album, iets wat in 1965 laas deur die Beatles vermag is. "Think twice" het vir nog twee weke die top een posisie ingeneem, en ook die "magic million' merk oorskry deur slegs die vierde 'miljoen enkelverkoper' ooit te word deur 'n vroulike sanger in Brittanje.
In 1996 stel Céline haar album "Falling into you" vry. Die album was die beste verkoper van daardie jaar, was nommer een in 11 lande en is genomineer vir die beste album van die jaar en die beste popalbum tydens die 39ste Jaarlikse Grammytoekennings. Die album het meer as 32 miljoen eenhede wêreldwyd verkoop.
In 1997 stel Céline haar album "Let's talk about love" vry. Die album het ook die veelmiljoentreffer "My heart will go on" van die fliek "Titanic" bevat. "Let's talk about love" het ook meer as 32 miljoen eenhede verkoop, asook die enkelsnit van "My heart will go on". "My heart will go on" is die algehele beste klankbaan in die geskiedenis van musiek. Dit het ook 'n Academy-toekenning ontvang vir beste oorspronklike liedjie.