Bulgar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bulgar of Bolghar (Tataars: Болгар, Bolgar; Tsjoewasjies: Пӑлхар, Palchar) was van die 8ste tot die 15de eeu periodiek die hoofstad van Wolga-Bulgarye. Dit was geleë aan die oewers van die Wolgarivier, sowat 130 km van die moderne Kazan in wat nou die Spasski-distrik in die Russiese Republiek Tatarstan is. Wes daarvan is ’n klein moderne dorp wat sedert 1991 bekend is as Bolgar. Die terrein is sedert 2014 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied onder die naam Bolgar Historiese en Argeologiese Kompleks.
Kitsfeite Bolgar Historiese en Argeologiese Kompleks*, Unesco-wêrelderfenisterrein ...
Bolgar Historiese en Argeologiese Kompleks* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Ligging in Rusland | |
Koördinate: 54°58′44″N 49°03′23″O | |
Lande | Rusland |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ii, vi |
Verwysings | 981 |
Streek† | Europa |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2014 (38ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Sluit