Brocéliande
From Wikipedia, the free encyclopedia
Brocéliande (die Woud van Paimpont, Frans: Forêt de Paimpont) is die legendariese Middeleeuse towerwoud van Bretagne en die toneel van baie avonture van die Artus-epiek, soos byvoorbeeld Chrétien de Troyes se Yvain, die Ridder van die Leeu, en die tuiste van karakters soos die towenaar Merlyn en Viviane.
Die oorblyfsels van die vroeër uitgestrekte Argoat, die Bretonse "Land van die Woud", beslaan nog steeds sowat 7 000 hektaar en gee 'n indruk van die landskap van sowat 2 000 jaar gelede. Brocéliande lê naby die Bretonse hoofstad Rennes; vandag staan dit egter amptelik as die Woud van Paimpont bekend. Met sy voetslaanpaaie, talle klein mere en die oorspronklike flora is dit 'n gewilde toeristebestemming.