From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Boulton Paul Defiant was 'n tweesitplek, eenmotorige, vegvliegtuig wat die Britse Lugmag gebruik het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was die eerste vegvliegtuig wat met vier masjiengewere toegerus was waaroor die Britse Lugmag beskik het. Die vliegtuig se masjiengewere was egter almal in 'n skiettoring agter die stuurkajuit en het agtertoe gewys, die vliegtuig het oor geen masjiengewere beskik wat vorentoe wys nie.
Boulton Paul Defiant | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig, nagvegter |
Vervaardiger | Boulton Paul Aircraft |
Ontwerp deur | John Dudley North |
Nooiensvlug | 11 Augustus 1937 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Britse Lugmag Koninklike Kanadese Lugmag Koninklike Australiese Lugmag |
Aantal gebou | 1,064 |
Die vliegtuig was op 12 Mei 1940 vir die eerste keer in aksie betrokke en het teen die einde van die maand reeds 65 vyandelike vliegtuie afgeskiet. Die sukses was grootliks as gevolg van die vuurkrag wat gerig kon word op enige vliegtuig wat die vliegtuig van agter af aanval. Maar die vyandelike vliegtuie het gou besef dat die Boulton Paul Defiant magteloos was indien dit van voor af aangeval word en verliese van die vliegtuig het gestyg. Hulle word onttrek in Augustus 1940. Hierna word hulle toegerus om as nagvegters diens te doen en word toegerus met die geheime Airborne Interception radar. Gedurende die winter van 1940/1 het die Defiant meer sukses per onderskepping poging gehad as enige ander Britse vliegtuig. Daar was uiteindelik 13 Eskaders wat toegerus was met die vliegtuig en hulle het 'n groot rol gespeel in die verdediging van die lugruim bo Groot-Brittanje.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Rolls-Royce Merlin XX suierenjin |
Kraglewering per motor | 1 280 perdekrag |
Vlerkspan | 11,99 m |
Lengte | 10,77 m |
Hoogte | 3,45 m |
Vlerkoppervlakte | 23,23 m2 |
Maks. opstygmassa | 3 821 kg |
Maks. snelheid | 504 km/h |
Operasionele hoogte | 9 250 m |
Togafstand | 748 km |
Klimvermoë | 580 m per minuut |
Bewapening | Vier 7.7 mm masjiengewere in skiettoring agter kajuit |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.