Die Boogskutter-sterrewolk (ook bekend as Messier 24, Delle Caustiche en IC 4715) is ’n sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Kitsfeite
Boogskutter-sterrewolk
Thumb
Soort stelselSterreswerm
SterrebeeldBoogskutter
Messier-naamMessier 24
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming18h 17m
Deklinasie-18º 29'
Skynmagnitude4,6
Besonderhede
Afstand (ligjaar)10 000 ligjare (3 070 parsek)
Skynbare grootte 90′.0
Ander nameDelle Caustiche, IC 4715
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

Die swerm is sowat 600 ligjare breed. Die sterre, swerms en ander voorwerpe waaruit dit bestaan, is deel van die Carina-Sagittarius-arm van die Melkweg. Messier het dit beskryf as ’n "groot newelagtigheid wat baie sterre bevat".

Dit is die digste konsentrasie van individuele sterre wat met ’n verkyker gesien kan word, met sowat 1 000 sterre wat binne ’n enkele gesigsveld sigbaar is.

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.