Bobaasvlieënier
'n vlieënier wat 5 of meer oorwinnings behaal het in luggevegte teen ander vegvliegtuie / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Bobaasvlieënier is 'n vlieënier wat 5 of meer oorwinnings behaal het in luggevegte teen ander vegvliegtuie. In Engels staan dit bekend as 'n Ace. Dié term is geskep tydens die Eerste Wêreldoorlog waar die beeld geskep is van die vlieëniers as ridders wat dapper is in 'n poging om die publiek se aandag weg te lei van die massaslagtings wat plaasgevind het op die front..[1]
Vir 'n kort vroeë tydperk toe lug-tot-lug-gevegte pas uitgevind is, kon die besonder bekwame vlieënier die stryd in die lug bepaal. Vir die grootste deel van die oorlog het die beeld van die bobaasvlieënier egter min te doen gehad met die realiteit van lugoorlogvoering, waarin vegters in formasie geveg het en lugoormag baie afhanklik was van die relatiewe beskikbaarheid van hulpbronne.[2]
Die paar bobaasvlieëniers onder vegsvlieëniers het histories verantwoordelik vir die meerderheid lug-tot-lug-oorwinnings in die militêre geskiedenis.[3]